SpaceX

Space Exploration Technologies Corp.
Tipe Ruimtemaatskappy
Gestig 6 Mei 2002 (2002-05-06)
Stigter(s)Elon Musk
Hoofkantoor Hawthorne, Kalifornië, VSA
33°55′15″N 118°19′40″W / 33.9207°N 118.3278°W / 33.9207; -118.3278Koördinate: 33°55′15″N 118°19′40″W / 33.9207°N 118.3278°W / 33.9207; -118.3278
SleutelpersoneElon Musk
Gwynne Shotwell
Tom Mueller
ProdukteFalcon-loodsvoertuie
Dragon-ruimtetuie
ASDS-landingsplatform
DiensteOrbitale vuurpyllansering
WerknemersGeraam op 7 000 (November 2017)
EienaarElon Musk Trust
(54% aandele, 78% stemreg)

Space Exploration Technologies Corp., wat sake doen as SpaceX, is 'n Amerikaanse ruimtevaartvervaardiger en ruimtevervoermaatskappy met sy hoofkantoor in Hawthorne, Kalifornië. Dit is in 2002 deur die entrepreneur Elon Musk gestig met as doel die verlaging van ruimtevervoerkoste sodat die uiteindelike kolonisasie van Mars kan plaasvind.[1] SpaceX het sedertdien die Falcon-lanseervoertuie en die Dragon-ruimtetuie ontwikkel; albei word tans gebruik om ruimtetuie in lae wentelbane om die Aarde te plaas.

SpaceX se prestasies sluit in die eerste privaat vloeibaredryfmiddel-vuurpyl wat in 'n wentelbaan om die Aarde geplaas is (Falcon 1 in 2008);[2] die eerste privaat maatskappy wat suksesvol 'n ruimtetuig kon lanseer, in 'n wentelbaan plaas en terugbring (Dragon in 2010); die eerste privaat maatskappy wat 'n ruimtetuig na die Internasionale Ruimtestasie kon stuur (Dragon in 2012);[3] die eerste vertikale landing van 'n orbitale vuurpyl (Falcon 9 in 2015); en die eerste hergebruik van 'n orbitale vuurpyl (Falcon 9 in 2017).

Teen Maart 2017 het SpaceX-tuie die Internasionale Ruimtestasie reeds 10 keer besoek. Nasa het ook 'n verdere ontwikkelingskontrak in 2011 aan SpaceX toegeken om 'n weergawe van die Dragon-ruimtetuig te ontwikkel en te demonstreer dat dit die vermoë het om mense na die buitenste ruim te vervoer. Hierdie ruimtetuig sal onder meer deur Nasa gebruik word om ruimtevaarders na en van die Internasionale Ruimtestasie te vervoer.[4]

SpaceX ontwikkel tans Starlink, 'n satellietnetwerk wat internettoegang verskaf.

  1. Kenneth Chang (27 September 2016). "Elon Musk's Plan: Get Humans to Mars, and Beyond" (in Engels). New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 27 September 2016.
  2. Stephen Clark (28 September 2008). "Sweet Success at Last for Falcon 1 Rocket" (in Engels). Spaceflight Now. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2019. Besoek op 1 Maart 2017.
  3. Kenneth Chang (25 Mei 2012). "Space X Capsule Docks at Space Station" (in Engels). New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 25 Mei 2012.
  4. Kirstin Brost (19 April 2011). "SpaceX Wins NASA Contract to Complete Development of Successor to the Space Shuttle" (in Engels). SpaceX. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 8 Desember 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search