SpX-DM2

Crew Dragon Demo-2
Die Demo-2-kapsule
Die Demo-2-kapsule
Die Demo-2-kenteken
Die Demo-2-kenteken
Soort sending Bemande vlug na IRS
Operateur Nasa
SpaceX
Duur 65 dae (63 dae, 8 h 45 min gedok)
Ruimtetuig Crew Dragon C206
Vervaardiger SpaceX
Bemanning Douglas G. Hurley
Robert L. Behnken
Lanseerdatum 30 Mei 2020, 19:22:45 UTC
Landingsdatum 2 Augustus 2020, 18:48:06 UTC
Landingsplek Golf van Meksiko

SpX-DM2 of SpaceX Demo-2 (kort vir SpaceX Demonstration Mission 2)[1][2] was SpaceX se tweede orbitale toetsvlug en eerste bemande toetsvlug met ’n Crew Dragon-ruimtetuig.[3] Dit sou op 27 Mei 2020 om 22:33:33 na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer word, maar die lansering is minder as 17 minute voor die tyd afgelas weens gure weer.[4] Dit is met die tweede probeerslag, op Saterdag 30 Mei om 19:22:45 UTC, gelanseer. Demo-2 was die eerste bemande ruimtevlug wat in Amerika gelanseer is sedert die laaste Pendeltuigsending in 2011, waarvan Douglas G. Hurley die vlieënier was. Hurley was die bevelvoerder van Crew Dragon Demo-2; saam met hom op die vlug was Robert L. Behnken. Crew Dragon Demo-2 was ook die eerste orbitale ruimtetuig met twee persone wat sedert 1982 in Amerika gelanseer is.

  1. Mclendon, Tori (23 Mei 2020). "NASA's SpaceX Demo-2 Astronauts Rehearse for Launch Day". Nasa (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 26 Mei 2020.
  2. Cawley, James (25 Mei 2020). "NASA's SpaceX Demo-2 "Go" for Liftoff Wednesday After Today's Launch Readiness Review". Nasa (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 26 Mei 2020.
  3. "Upcoming Missions". spacexnow.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020.
  4. "NASA Live: Official Stream of NASA TV" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search