Internasionale Ruimtestasie

Die Internasionale Ruimtestasie in Mei 2011, soos gesien vanaf die Endeavour-ruimtetuig.

Die Internasionale Ruimtestasie (IRS) is ’n ruimtestasie wat om die Aarde wentel en deur verskillende lande gebou, beman en onderhou word. Die eerste module is op 20 November 1998 gelanseer en die stasie word sedert 2 November 2000 permanent bewoon. Dit is in die eerste tien jaar van die huidige eeu aanhoudend uitgebrei en op 27 Mei 2011 voltooi.

Die Internasionale Ruimtestasie dien as 'n mikrogravitasie- en ruimtenavorsings-laboratorium waarin bemannings eksperimente kan uitvoer in biologiese, menslike, fisika, astronomie, meteorologie en ander velde.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search