Titaan

Hierdie artikel handel oor die element titaan. Vir ander betekenisse van die naam, sien Titaan (dubbelsinnig).
skandiumtitaanvanadium
Ti
Zr  
 
 
Titaan in die periodieke tabel
Algemeen
Naam, Simbool, Getal Titanium, Ti, 22
Chemiese reeks oorgangsmetale
Groep, Periode, Blok 4, 4 , s
Digtheid, Hardheid 4507 kg/m3, 6
Voorkoms silwermetaalkleur
Atoomeienskappe
Atoomgewig 47.867 ame
Atoomradius (bereken) 140 (176) pm
Kovalente radius 136 pm
Elektronkonfigurasie [Ar]3d2 4s2
e e per energievlak 2, 8, 10, 2
Oksidasietoestande (oksied) 4 (amfoteries)
Kristalstruktuur Heksagonaal
Strukturbericht-kode A3
Fisiese eienskappe
Toestand van materie Vastestof
Smeltpunt 1941 K (1668 °C)
Kookpunt 3560 K (3287 °C)
Molêre volume 10.64 ×10-6 m3/mol
Verdampingswarmte 421 kJ/mol
Smeltingswarmte 15.45 kJ/mol
Dampdruk 0.49 Pa teen 1933 K
Spoed van klank 4140 m/s teen 293.15 K
Diverse
Elektronegatiwiteit 1.54 (Pauling skaal)
Spesifieke warmtekapasiteit 520 J/(kg*K)
Elektriese geleidingsvermoë 2.34 106/(m·ohm)
Termiese geleidingsvermoë 21.9 W/(m*K)
1ste ionisasiepotensiaal 658.8 kJ/mol
2de ionisasiepotensiaal 1309.8 kJ/mol
3de ionisasiepotensiaal 2652.5 kJ/mol
4de ionisasiepotensiaal 4174.6 kJ/mol
5de ionisasiepotensiaal 9581 kJ/mol
6de ionisasiepotensiaal 11533 kJ/mol
7de ionisasiepotensiaal 13590 kJ/mol
8ste ionisasiepotensiaal 16440 kJ/mol
9de ionisasiepotensiaal 18530 kJ/mol
10de ionisasiepotensiaal 20833 kJ/mol
Mees stabiele isotope
iso NV Halfleeftyd VM VE MeV
[nie SI]
VP
44Ti sin. 63 y ε 0.268 44Sc
46Ti 8.0% Ti is stabiel met 24 neutrone
47Ti 7.3% Ti is stabiel met 25 neutrone
48Ti 73.8% Ti is stabiel met 26 neutrone
49Ti 5.5% Ti is stabiel met 27 neutrone
50Ti 5.4% Ti is stabiel met 28 neutrone
SI eenhede & STD word gebruik tensy anders vermeld.

Titaan is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Ti en atoomgetal 22. Dit is 'n sterk, ligte, blink, korrosiebestande oorgangsmetaal (Dit is ook bestand teen seewater en chloor) en het 'n silwerige metaalkleur. Titaan word gebruik in sterk liggewig legerings (veral saam met yster en aluminium) en sy verbinding wat die meeste voorkom, titaandioksied, word in wit pigmente gebruik.

Hierdie element kom voor in 'n groot aantal minerale met rutiel en ilmeniet as die hoofbronne wat wyd oor die aarde versprei is. Daar bestaan twee allotropiese vorme en vyf isotope van hierdie element wat natuurlik voorkom; Ti-46 tot by Ti-50 met Ti-48 wat die meeste voorkom (73.8%). Een van Titaan se uitstaande kenmerke is dat dit net so sterk soos staal is maar die helfte soveel weeg. Titaan se chemiese- en fisiese eienskappe is soortgelyk aan sirkonium.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search