Elektronegatiwiteit

Elektronegatiwiteit is die maatstaf van 'n atoom of molekule se vermoë om elektrone aan te trek in 'n chemiese verbinding. Die soort verbinding wat gevorm word hang hoofsaaklik af van die verskille in die elektronegatiewiteite van die atome betrokke. Atome met soortgelyke elektronegatiwiteite sal voortdurend elektrone by mekaar 'steel' en vorm dan 'n kovalente verbinding. As die verskille te groot is, sal die elektron permanent van die een atoom na die ander oorgedra word en vorm daar sodoende 'n ioniese verbinding. In gevalle waar die een atoom die elektrone effe sterker aantrek as die ander word daar 'n polêre kovalente verbindings gevorm.

Twee skale word algemeen gebruik vir elektronegatiewiteite: die Paulingskaal (in 1932 voorgestel) en die Mullikenskaal (in 1934 voorgestel). 'n Ander voorgestelde skaal is die Allred-Rochowskaal.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search