Silikon

14 aluminiumsilikonfosfor
C

Si

Ge
Algemeen
Naam, simbool, getal silikon, Si, 14
Chemiese reeks Metalloïede
Groep, periode, blok 14, 4, p
Voorkoms donkergrys met 'n blou tint
Atoommassa 28,0855 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie [Ne] 3s2 3p2
Elektrone per skil 2, 8, 4
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 2.330 g/cm³
Smeltpunt 1687 K
(1414 °C)
Kookpunt 3173 K
(2900 °C)
Smeltingswarmte 50,55 kJ/mol
Verdampingswarmte 384,22 kJ/mol
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur kubies vlakgesentreerd
Strukturbericht-kode A4
Oksidasietoestande 4
(effens sure oksied)
Elektronegatiwiteit 1,90 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 786,5 kJ/mol
2de: 1577,1 kJ/mol
3de: 3231,5 kJ/mol
Atoomradius (ber.) 111 pm
Vernaamste isotope
Isotope van silikon
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
28Si 92,23% Si is stabiel met 14 neutrone
29Si 4,67% Si is stabiel met 15 neutrone
30Si 3,1% Si is stabiel met 16 neutrone
Portaal Chemie

Silikon (Latyn: Silicium) is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Si en atoomgetal van 14.

As 'n tetravalente metalloïede element is silikon minder reaktief as sy chemiese analoog, koolstof. Dit is die tweede volopste element in die Aarde se kors en maak 25.7% daarvan uit in gewig. Dit kom voor in klei, veldspaat, graniet, kwarts en sand, hoofsaaklik in die vorm van silikondioksied (ook bekend as silika) en silikate (verbindings wat silikon, suurstof en metale bevat). Silikon is die hoofbestanddeel van glas, sement, keramieke, die meeste halfgeleiermateriale en silikone. Laasgenoemde plastiese stof word dikwels verwar met silikon. Silikon word meer algemeen as germanium gebruik as halfgeleier, omdat germanium probleme ondervind met terugwaartse lekstroomvloei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search