Ruimtestasie

Die modulêre Internasionale Ruimtestasie, die grootste voorwerp wat ooit in 'n wentelbaan om die aarde aanmekaar gesit is

'n Ruimtestasie is 'n ruimtetuig wat bedoel is om vir 'n kort of langer tydperk beman te word. Die bemanning reis na en van die ruimtestasie in 'n aparte ruimtetuig. Daar is tans (2020) een, die Internasionale Ruimtestasie IRS, aangesien ruimtestasies wat nog nie beman is nie, maar waarheen 'n bemanning uiteindelik op pad is, word nie ingesluit nie.

Die IRS is in 'n wentelbaan om die aarde (soos die geval was met voormalige ruimtestasies), maar daar is planne vir 'n Lunar Orbitale Platform Gateway in 'n wentelbaan om die maan.[1]

  1. Jackson, Shanessa (11 September 2018). "Competition Seeks University Concepts for Gateway and Deep Space Exploration Capabilities". nasa.gov (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2019. Besoek op 19 September 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search