Teleskoop

'n Moderne Maksutov-reflektorteleskoop (Meade ETX105, objektiefdeursnee 105 mm, fokuslengte 1 400 mm).
'n Refraktorteleskoop van 50 cm in Nice.

’n Teleskoop is, net soos 'n verkyker, 'n optiese instrument waarmee verafgeleë voorwerpe vergroot waargeneem kan word. Die naam kom uit Grieks en beteken letterlik "ver-kyker".[1][2][3] Terwyl 'n verkyker ontwerp is om op relatief kort afstande te gebruik, is 'n teleskoop ontwerp vir sterrekundige waarnemings, dus op baie groot afstande. Die eerste bekende praktiese teleskope is aan die begin van die 17de eeu in Nederland uitgevind; hulle het met glaslense gewerk en was dus refraktorteleskope (ook genoem ligbrekers).

Die eerste reflektorteleskope (ook genoem spieëlteleskope), wat met spieëls werk, is binne ’n dekade ontwerp. In die 20ste eeu het talle soorte teleskope ontstaan, soos radioteleskope in die 1930's en infrarooiteleskope in die 1960's. Die woord "teleskoop" verwys nou na ’n groot verskeidenheid instrumente wat verskillende dele van die elektromagnetiese spektrum kan waarneem.

  1. archive.org Galileo His Life And Work deur J.J. Fahie.
  2. Sobel (2000, bl. 43), Drake (1978, p.196)
  3. Rosen, Edward, The Naming of the Telescope (1947)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search