Sleurkrag

Die sleurkrag komponent van die aërodinamiese krag word met 'n D aangedui
Die sleurkrag van wind op 'n spesifieke vorm

Sleurkrag (of Lugweerstand in aërodinamika) is die komponent van die aërodinamiese krag wat parallel met die vrystroomsnelheid inwerk as 'n voorwerp deur 'n vloeistof of gas beweeg. Hierdie aërodinamiese krag ontstaan weens 'n oppervlak-drukverspreiding oor die voorwerp asook die skuifspanning-verspreiding in die vloeimedium teenaan die oppervlak.[1] Die sleurkrag is altyd parallel met die vrystroomsnelheid. In teenstelling met wrywing tussen soliede oppervlakke, is sleurkrag afhanklik van vloeisnelheid.

  1. "Fundamentals of aerodynamics" - John D. Anderson, Jr.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search