Siklotron

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
'n Moderne siklotron vir bestralingsterapie.

'n Siklotron is 'n tipe partikelversneller wat gekenmerk word deur die feit dat die partikels in 'n sterk konstante magneetveld vasgevang word tydens die versnelling. Hierdeur dwing die magneetveld die gelaaide partikels om in 'n sirkelvormige baan te beweeg. Tydens die beweging word die partikel op sekere plekke deur 'n elektriese veld versnel. Dit beteken dat hy toenemend vinniger beweeg, en dus 'n spiraalvormige pad na buite volg. Die siklotron is in 1932 deur die Amerikaanse fisikus Ernest O. Lawrence uitgevind, waarvoor hy die Nobelprys in 1939 ontvang het. Siklotrone was aanvanklik, en tot en met die 1950s, die kragtigste partikelversnellers gewees. Deesdae word hulle veral in die produksie van radioisotope, kernmedisyne (soos proton- en neutronterapie) en die vervaardiging van partikelbundels in kernfisika gebruik. Die 200 MeV oopsektorsiklotron van iThemba LABS (voorheen die Nasionale Versnellersentrum) buite Kaapstad is die kragtigste siklotron in die Suidelike Halfrond. Die grootste siklotron in die wêreld is tans die oopsektorsiklotron TRIUMF in Vancouver met 'n deursnee van 18 meter wat protone tot 500 MeV kan versnel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search