Selfoon

'n Paar selfone.
Die evolusie van selfone. (Reeds verouderd!)

'n Selfoon of mobiele foon is 'n draagbare elektroniese toestel wat gebruik word vir mobiele stem- of datakommunikasie oor 'n netwerk van spesiale basisstasies wat in selle opgedeel is en GSM tegnologie gebruik. Selfone kan ook addisionele dienste en toebehore ondersteun soos SMS vir die stuur van teksboodskappe, e-pos, toegang tot die Internet en MMS vir die stuur van foto's en video's.

Van die grootste selfoonvervaardigers sluit in: Nokia, Apple, BlackBerry, Alcatel, Siemens, Fujitsu, LG, Motorola, NEC, Panasonic, Philips, Samsung, Sanyo, Sharp, Sony Mobile (voorheen Sony Ericsson), en Toshiba.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search