Philips

Koninklijke Philips Electronics N.V.
Royal Philips Electronics


Tipe Naamloze vennootschap
Gestig 1891 in Eindhoven
Hoofkantoor AmsterdamNederland
SleutelpersoneFrans van Houten (hoof uitvoerende beampte), Jeroen van der Veer (voorsitter)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieElektronika
ProdukteElektroniese verbruikersware, ligtegnologie, geneeskundige tegnologie
Inkomste22,58 miljard € (2011)
Bedryfsinkomste269 miljoen €
Netto inkomste1,291 miljard €
Werknemers121 888 (2011)
DivisiesLighting
Healthcare
Consumer Lifestyle
Dogter-
maatskappye
Saeco
SlagspreukSense and simplicity
WebwerfPhilips
Philips Suid-Afrika

Koninklijke Philips Electronics N.V. (Engels Royal Philips Electronics N.V., kort: Philips) is een van die grootste vervaardigers van elektronika ter wêreld.

Die multinasionale aandelemaatskappy met sowat 121 900 werknemers en sakebelange in meer as sestig lande het sy hoofkwartier in die Nederlandse hoofstad Amsterdam. Sy omset het in 2011 22,58 miljard € beloop.[1]

Philips is tans in drie afdelings verdeel:

  • Lighting (Beligtingstegnologie),
  • Healthcare (Mediese toerusting) en
  • Consumer Lifestyle (Elektroniese verbruikersware)

Philips Suid-Afrika se hoofkantoor is in Martindale, wes van Johannesburg, en verskaf werk aan sowat 250 personeellede. Daar is streekkantore in Durban, Bloemfontein en Kaapstad.

  1. Philips – jaarverslag 2011

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search