Selenied

Eienskappe

Algemeen

Naam Selenied  
 
Ioonradius 198[1] 
Kristalradius 164 Å[2]
Lys van anione

'n Selenied is 'n chemiese stof wat seleen in 'n oksidasietoestand van -2 bevat.

Dit kan 'n sout wees wat die seleniedioon (Se2−) bevat, soos natriumselenied Na2Se. Dit kan egter ook 'n organiese stof wees wat 'n -Se- funksionele groep bevat soos dimetielselenied(CH3SeCH3).

Dit is 'n sterk basis. In die menslike liggaam kom dit in spoorhoeveelhede as sy gekonjugeerde suur HSe voor.[3]

  1. "Atomic and ionic radii".
  2. "All radii". abulafia.
  3. Turner D. Newton and Michael D. Pluth (2019). "Development of a hydrolysis-based small-molecule hydrogen selenide (H2Se) donor". Chem. Sci. 10: 10723.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search