Molibdaat

Eienskappe

Algemeen

Naam Molibdaat  
Lys van anione

In die chemie is 'n molibdaat 'n verbinding wat 'n oksianioon bevat met molibdeen in sy hoogste oksidasietoestand van +6: O−Mo(=O)2−O. Dit kan as 'n sout of 'n ester voorkom.

Molibdeen kan 'n baie groot reeks van sulke oksianione vorm, wat diskrete strukture of polimeries verlengde strukture kan wees, alhoewel laasgenoemde slegs in die vaste toestand voorkom. Die groter oksianione is lede van 'n groep verbindings wat polioksometalate genoem word. Omdat hulle slegs een tipe metaalatoom bevat, word dit dikwels isopolimetalate genoem.[1] Die diskrete molibdeenoksianione wissel in grootte van die eenvoudigste MoO2−4, soos in natriummolibdaat tot uiters groot strukture wat in isopolimolibdeenblou gevind word. Dit bevat byvoorbeeld 154 Mo-atome. Wolfram is soortgelyk aan molibdeen en vorm baie wolframate wat sesvoudig- gekoöordineerde wolframatome bevat.[2]

  1. Greenwood, Norman N.; Earnshaw, Alan (1997). Chemistry of the Elements (2nd uitg.). Butterworth-Heinemann. ISBN 978-0-08-037941-8.
  2. Cotton, F. Albert; Wilkinson, Geoffrey; Murillo, Carlos A.; Bochmann, Manfred (1999). Advanced Inorganic Chemistry (6th uitg.). New York: Wiley-Interscience. ISBN 0-471-19957-5.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search