Mercurius

Hierdie artikel handel oor die planeet Mercurius. Vir ander betekenisse van die naam, sien Mercurius (dubbelsinnig).
Mercurius   ☿
Die planeet Mercurius
Mercurius in ware kleure, soos waargeneem deur die Messenger-wenteltuig op 14 Januarie 2008.
Wentelbaaneienskappe[1]
Epog J2000
Afelium 69 817 079 km
0,466 698 35 AE
Perihelium 46 001 272 km
0,307 499 51 AE
Halwe lengteas 57 909 176 km
0,387 098 93 AE
Sinodiese periode 115 8776 dae[2]
Gem. omwentelingspoed 47,36 km/s[2]
Baanhelling 7,004 87°
(3,38° tot die sonnebaan)[3]
Natuurlike satelliete 0
Fisiese eienskappe
Radius by ewenaar 2439,7 km[4]
(0,383 Aardes)
Oppervlakte 7,48×10[4]7 km²
(0,147 Aardes)
Volume 6,083×10[4]10 km³
(0,056 Aardes)
Massa 3,302×10[4]23 kg
(0,055 Aardes)
Gem. digtheid 5,427 g/cm³[4]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
3,7 m/s2
0,38 g[4]
Ontsnapping-
snelheid
4,249 km/s[4]
Sideriese
rotasieperiode
58,6462 dae (58 dae, 15,5088 uur)[4]
Rotasiespoed
by ewenaar
10,892 km/h (by die ewenaar)
Ashelling ~0,01°[5]
Regte styging van noordpool 18 h 44 m 2 s
281,01°[2]
Deklinasie 61,45°[2]
0,068 (Bond)[6]
0,142 (geometries)[6]
Oppervlak-temp.
   0°N, 0°W [7]
   85°N, 0°W[7]
mingem.maks
100 K (-173 °C340 K (67 °C700 K (427 °C
80 K (-193 °C200 K (-73 °C380 K (106,85 °C
Skynmagnitude -2,6[8] tot 5,7[2][9]
Hoekgrootte 4,5-13"[2]
Atmosfeer
Oppervlakdruk Baie klein (≲ 0,5 nPa)
Samestelling 31,7% kalium
24,9% natrium
9,5% atomiese suurstof
7,0% argon
5,9% helium
5,6% molekulêre suurstof
5,2% stikstof
3,6% koolstofdioksied
3,4% water
3,2% waterstof

Mercurius is die kleinste planeet in die Sonnestelsel en die naaste een aan die Son. Een omwenteling van Mercurius om die Son duur 87,97 aarddae, die kortste van al die planete. Dit is genoem na die Romeinse god Mercurius, die god van handel, die boodskapper van die gode en die tussenganger tussen gode en sterflinge. Hy stem ooreen met die Griekse god Hermes.

Nes Venus wentel Mercurius binne die Aarde se wentelbaan om die Son en sy skynbare afstand van die Son soos van die Aarde af gesien is nooit meer as 28° nie. Dié nabyheid aan die Son beteken die planeet kan net ná sonsondergang naby die westelike horison en voor sonsopkom naby die oostelike horison gesien word, gewoonlik in die skemerlig. Dan kan dit as 'n helder steragtige voorwerp gesien word, maar dit is moeiliker om te sien as Venus. Van die aarde af vertoon die planeet die volle siklus van fases, soortgelyk aan Venus en die Maan, wat oor sy sinodiese periode (ten opsigte van die Aarde en die Son) van sowat 116 dae gesien kan word. Mercurius se sinodiese afstand van die Aarde af maak dat hy die grootste deel van die tyd die Aarde se naaste planeet is, hoewel Venus soms nader aan die aarde kom as wat enige ander planeet kan.[10][11]

Mercurius roteer op 'n unieke manier in die Sonnestelsel. Dit is in 'n rotasie-omwenteling-resonansie van 3:2 met die Son,[12] wat beteken ten opsigte van die vaste sterre roteer dit om sy eie as drie keer vir elke twee omwentelings om die Son.[nota 1][13]

'n Vergelyking in grootte tussen Mercurius en die Aarde.

Mercurius se as het die kleinste ashelling van al die planete in die sonnestelsel (sowat 130 graad). Sy eksentrisiteit (hoe ver sy wentelbaan van 'n ronde sirkel afwyk) is die grootste van al die planete [nota 2] met perihelium; sy afstand van die Son is dan net sowat twee derdes (of 66%) van sy afstand met afelium.

Mercurius se oppervlak het talle kraters en lyk nes die Maan s'n, wat daarop dui dat dit al miljarde jare lank geologies onaktief is. Omdat dit feitlik geen atmosfeer het wat hitte kan behou nie, het dit oppervlaktemperature wat meer as dié van enige ander planeet in die Sonnestelsel verskil tussen dag en nag; dit wissel in die ewenaarstreke van omtrent 100 K (-173 °C) snags tot 700 K (427 °C) bedags.[14] Die poolstreke is heeltyds onder 180 K (-93 °C). Die planeet het geen natuurlike satelliet nie.

Twee ruimtetuie het Mercurius al besoek: Mariner 10, wat in 1974 'n verbyvlug gedoen het, en Messenger, wat in 2004 gelanseer en in vier jaar meer as 4 000 keer om Mercurius gewentel het voordat sy brandstof opgeraak en dit op 30 April 2015 teen die planeet se oppervlak gebots het.[15][16][17] Die BepiColombo-ruimtetuig sal volgens beplanning in 2025 by Mercurius aankom.

Die ou Romeine het die planeet na die boodskappergod, Mercurius, genoem vanweë die vinnige beweging van die planeet tydens sonsondergang. Die sterrekundige simbool van Mercurius is . Voor die 5de eeu v.C., het Griekse sterrekundiges geglo die planeet is twee aparte voorwerpe; dit het saans as Hermes bekend gestaan en soggens as Apollo. Pythagoras was die eerste mens wat voorgestel het dat dit dieselfde voorwerp is wat slegs in verskillende posisies waargeneem word.

  1. Yeomans, Donald K. (7 April 2008). "HORIZONS System" (in Engels). NASA JPL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 7 April 2008.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 "Mercury Fact Sheet" (in Engels). Nasa Goddard Space Flight Center. 30 November 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 28 Mei 2008.
  3. "The MeanPlane (Invariable plane) of the Solar System passing through the barycenter". 3 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2009. Besoek op 3 April 2009. (geproduseer met Solex 10 Geargiveer 20 Desember 2008 op Wayback Machine geskryf van Aldo Vitagliano
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 4,6 4,7 Munsell, Kirk (28 Mei 2009). "Mercury: Facts & Figures". Solar System Exploration. NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2015. Besoek op 7 April 2008.
  5. Margot, L.J.; Peale, S.J.; Jurgens, R.F.; Slade, M.A.; Holin, I.V. (2007). "Large Longitude Libration of Mercury Reveals a Molten Core". Science. 316 (5825): 710–714. Bibcode:2007Sci...316..710M. doi:10.1126/science.1140514. PMID 17478713.
  6. 6,0 6,1 Mallama, A.; Wang, D.; Howard, R.A. (2002). "Photometry of Mercury from SOHO/LASCO and Earth". Icarus. 155 (2): 253–264. Bibcode:2002Icar..155..253M. doi:10.1006/icar.2001.6723.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  7. 7,0 7,1 Vasavada, Ashwin R.; Paige, David A.; Wood, Stephen E. (19 Februarie 1999). "Near-Surface Temperatures on Mercury and the Moon and the Stability of Polar Ice Deposits" (PDF). Icarus. 141: 179–193. Figure 3 with the "TWO model"; Figure 5 for pole. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 November 2012. Besoek op 23 Maart 2012.
  8. Mallama, A. (2011). "Planetary magnitudes". Sky and Telescope. 121(1): 51–56.
  9. Espenak, Fred (25 Julie 1996). "Twelve Year Planetary Ephemeris: 1995–2006". NASA Reference Publication 1349. NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 23 Mei 2008.
  10. "Venus is not Earth's closest neighbor". Physics Today. AIP Publishing. 12 Maart 2019. doi:10.1063/pt.6.3.20190312a. ISSN 1945-0699.
  11. Harford, Tim (11 Januarie 2019). "BBC Radio 4 – More or Less, Sugar, Outdoors Play and Planets". BBC.
  12. Elkins-Tanton, Linda T. (2006). Uranus, Neptune, Pluto, and the Outer Solar System. Infobase Publishing. p. 51. ISBN 978-1-4381-0729-5. Extract of page 51
  13. "Animated clip of orbit and rotation of Mercury". Sciencenetlinks.com.
  14. Prockter, Louise (2005). Ice in the Solar System (PDF). Vol. 26. Johns Hopkins APL Technical Digest. Besoek op 27 Julie 2009.
  15. "NASA Completes MESSENGER Mission with Expected Impact on Mercury's Surface". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2015. Besoek op 30 April 2015.
  16. "From Mercury orbit, MESSENGER watches a lunar eclipse". Planetary Society. 10 Oktober 2014. Besoek op 23 Januarie 2015.
  17. "Innovative use of pressurant extends MESSENGER's Mercury mission". Astronomy.com. 29 Desember 2014. Besoek op 22 Januarie 2015.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search