Atmosfeer

Mars se dun atmosfeer

Atmosfeer is 'n laag gasse om 'n planeet of ander stuk materie met 'n sekere massa [1] wat bymekaar gehou word deur die swaartekrag van daardie planeet of stuk materie. Die woord atmosfeer is afgelei uit die Grieks ἀτμός (atmos), wat "damp" beteken, en σφαῖρα (sphaira) wat "sfeer" beteken.[2][3]

Die aarde se atmosfeer bestaan hoofsaaklik uit stikstof. Dit bevat ook suurstof waarmee die meeste organismes op aarde  asemhaal. Dit bevat ook koolstofdioksied wat deur plante opgeneem word, alge en sianobakterieë wat nodig is vir fotosintese. Die atmosfeer help om lewende organismes te beskerm teen genetiese skade wat deur die ultravioletstraling van die son, sonwind en kosmiese straling aangerig kan word. Die huidige samestelling van die aarde se atmosfeer is die produk van miljarde jare se biochemiese aanpassing van die paleoatmosfeer .

  1. "Glossary of Useful Scientific Terms".
  2. ἀτμός, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus Digital Library
  3. σφαῖρα, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus Digital Library

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search