Kalsium

kaliumkalsiumskandium
Mg
Ca
Sr  
 
 
Kalsium in die periodieke tabel
Algemeen
Naam, Simbool, Getal Kalsium, Ca, 20
Chemiese reeks aardalkalimetale
Groep, Periode, Blok 2 (IIA), 4, s
Digtheid, Hardheid 1550 kg/m3, 1.75
Voorkoms silwerig-wit
Atoomeienskappe
Atoomgewig 40.078 ame
Atoomradius (ber.) 180 (194) pm
Kovalente radius 174 pm
van der Waals radius geen inligting
Elektronkonfigurasie [Ar]4s2
e e per energievlak 2, 8, 8, 2
Oksidasietoestande (Oksied) 2 (sterk basis
Kristalstruktuur kubies vlakgesentreerd (by kamertemp.)
liggaamgesentreer (>448 °C)
Strukturbericht-kode A1
Fisiese eienskappe
Toestand van materie vastestof paramagneties
Smeltpunt 1115 K (841.85 °C)
Kookpunt 1757 K (1483.85 °C)
Molêre volume 26.20 ×10−6 m3/mol
Verdampingswarmte 153.6 kJ/mol
Smeltingswarmte 8.54 kJ/mol
Dampdruk 254 Pa teen 1112 K
Spoed van klank 3810 m/s teen 293.15 K
Diverse
Elektronegatiwiteit 1.00 (Pauling skaal)
Spesifieke warmtekapasiteit 632 J/(kg*K)
Elektriese geleidingsvermoë 29.8 106/(m·ohm)
Termiese geleidingsvermoë 201 W/(m*K)
1ste ionisasiepotensiaal 589.8 kJ/mol
2de ionisasiepotensiaal 1145.4 kJ/mol
3de ionisasiepotensiaal 4912.4 kJ/mol
Mees stabiele isotope
iso NV halfleeftyd VM VE MeV
[nie SI]
VP
40Ca 96.941% Ca is stabiel met 20 neutrone
41Ca sin. 103,000 j ε 0.421 41K
42Ca 0.647% Ca is stabiel met 22 neutrone
43Ca 0.135% Ca is stabiel met 23 neutrone
44Ca 2.086% Ca is stabiel met 24 neutrone
46Ca 0.004% Ca is stabiel met 26 neutrone
48Ca 0.187% 1018 j β- 4.272 48Ti
SI eenhede & STD word gebruik tensy anders vermeld.

Kalsium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Ca en atoomgetal van 20. Kalsium is 'n sagte grys aardalkalimetaal wat as reduseermiddel gebruik word in die onttrekking van torium, sirkonium en uraan. Die element is ook die vyfde volopste element in die aardkors. Dit is noodsaaklik vir alle lewende organismes en speel 'n belangrike rol in die fisiologie van selle.

Kalsium is 'n sagte, wit metaal wat nie vry in die natuur aangetref word nie. Kalsiumverbindings behoort egter tot die volopste stowwe in die aardkors, onder meer in die vorm van kalsiumkarbonaat, CaCO3 kalsiumsulfaat of gips, CaSO3, 2H2O; kalsiumfosfaat, Ca3(PO4)2. Die suiwer metaal word berei deur die elektrolise van die chloried, CaCI2.

Die simbool vir kalsium is Ca, sy atoomgetal is 20, en sy smeltpunt 851 °C. In die boonste laag van die aardkors is daar talle kalsiumverbindings. Kalsium maak 3,5 persent van die aardkors uit, m.a.w. elke 100 kg van die aardkors bevat 3,5 kg kalsium. Ook in seewater word kalsiumverbindings aangetref: I liter seewater bevat sowat 1,4 g kalsiumverbindings in oplossing.

Kalsiumkarbonaat (CaCO3) is die volopste verbinding van kalsium. Dit kom as 'n glashelder mineraal, kalsiet, voor, waarvan die suiwerste vorm - Yslandspaat - in optiese instrumente gebruik word. Ander stowwe wat kalsiumkarbonaat bevat, is marmer, kalksteen, skulpe, eierdoppe en bene. Travertyn, 'n gestreepte kalktuf (dit wil sê kalksteen wat aan die oppervlak ontstaan deur verdamping van die grondwater) is deur die Romeine as boumateriaal gebruik.

Die kryt waarmee 'n mens op 'n skryfbord skryf, word van kalsiumsulfaat gemaak. Die chemiese formule is CaSO4. Gips, wat vir so 'n groot verskeidenheid doeleindes aangewend word, is waterhoudende kalsiumsulfaat (CaSO4 .2H2O). Gips word op groot skaal gebruik vir binnenshuise muurpanele. Omdat gips die eienskap het dat dit gou hard word, word dit gebruik om gipsafdrukke te maak en om gebreekte bene te spalk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search