Arnold Schwarzenegger

Arnold Schwarzenegger
Arnold Schwarzenegger
Schwarzenegger in 2019

38ste Goewerneur van Kalifornië
Ampstermyn
17 November 2003 – 3 Januarie 2011
Voorafgegaan deur Gray Davis
Opgevolg deur Jerry Brown

Persoonlike besonderhede
Gebore 30 Julie 1947 (1947-07-30)
Thal, Stiermarke, Oostenryk
Politieke party Republikeinse Party
Eggenoot/-note Maria Shriver (1986–2011)
Kind(ers) 2 dogters, 3 seuns insluitende Patrick Schwarzenegger
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening

Militêre diens
Diens/Tak Bundesheer (Federale Oostenrykse leër)
Jare in diens 1965
Eenheid Belgier-Kaserne Graz
Schwarzenegger en president Ronald Reagan in 1984

Arnold Schwarzenegger Alois (Engelse uitspraak: [ˈʃvɑːrtsənɛɡər]; Duits: [ˈaɐ̯nɔlt ˈʃvaɐ̯tsn̩ˌʔɛɡɐ]; gebore 30 Julie 1947 in Thal, Stiermarke) is 'n Oostenryks-Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger, entrepreneur, belegger, skrywer, filantroop, aktivis, politikus en voormalige professionele liggaamsbouer. Hy het twee ampstermyne lank, tussen 2003 en 2011, die amp van 38ste goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië beklee. Hy woon tans in Los Angeles, Kalifornië.

Schwarzenegger het in die Oostenrykse weermag gedien, waarna hy na München in Duitsland verhuis het. Daar het hy dikwels in 'n gimnasium geslaap, omdat hy nie 'n huis gehad het nie.

In 1968 verhuis Schwarzenegger na die Verenigde State van Amerika, waar hy later 'n akteur word. Hy het in verskeie rolprente opgetree, insluitend die Terminator-reeks.

In 1971 sterf Schwarzenegger se halfbroer aan moederskant, Meinhard, in 'n motorongeluk. Meinhard het dronk bestuur.

Nadat Gray Davis in 2003 herroep is (van sy amp onthef is), word Schwarzenegger die goewerneur van Kalifornië. Hy het die pos tot Januarie 2011 beklee, waarna hy deur Jerry Brown opgevolg is.

Gedurende sy tyd as goewerneur het hy gesê dat Ronald Reagan sy rolmodel is. Hy het Ronald Reagan-dag as 'n vakansiedag in Kalifornië geproklameer. Hy het ook Reagan se begrafnis bygewoon nadat hy in 2004 oorlede is. Hy was 'n goeie vriend van Nancy Reagan.

Schwarzenegger is in 1986 met Maria Shriver getroud, maar hulle skei in 2011. Hulle het twee dogters, Katherine en Christina, en twee seuns, Patrick en Christopher. Hy het ook 'n seun by 'n ander vrou.

Voor sy loopbaan as 'n akteur was Schwarzenegger 'n kragman en liggaamsbouer. Hy het die Mister Olympia-titel sewe keer gewen. Schwarzenegger het ook sy eie kompetisie, die Arnold Classic ingestel..


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search