Ruimterommel

Ruimterommel om die Aarde.

Ruimterommel is die versameling van kunsmatige voorwerpe in die ruimte wat nie meer 'n nuttige doel dien nie. Dit sluit in ou satelliete, stukke van vuurpyle en verskeie dele wat afgebreek het vanaf ruimtetuie. Dit sluit ook die rommel wat geskep is deur botsings van ruimterommel met mekaar.

Die Kessler Sindroom verwys na 'n kettingreaksie van botsings wat meer ruimterommel sal skep en dus eksponensieel die hoeveelheid botsings en ruimterommel sal verhoog. Hierdie sal plaasvind nadat die ruimterommel 'n kritiese digtheid oorskry het. Daar word steeds gedebateer of hierdie proses reeds begin het.[1] Daar is dus druk in die ruimtegemeenskap om meer navorsing te doen om satelliete vinniger uit hul wentelbaan te kry en laat terugval na die aarde, die skade veroorsaak deur ruimterommel te beperk en om die effekte en teenwoordigheid daarvan meer akkuraat te meet.[2]

  1. http://webpages.charter.net/dkessler/files/KesSym.html Geargiveer 27 Mei 2010 op Wayback Machine , Donald J. Kessler (8 Maart 2009)
  2. http://www.unisec-global.org/ddc/index.html, Deorbit Device Competition

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search