Water

Water in die see.
Die klem van hierdie artikel lê op water in die algemeen. Sien water (molekule) en Water (data) vir inligting oor die chemiese en fisiese eienskappe van suiwer water (H2O, waterstofoksied).

Water is 'n smaaklose, kleurlose stof in sy suiwer vorm wat noodsaaklik is vir alle bekende vorme van lewe en is ook bekend as die mees gebruikte oplosmiddel. Water kom in oorvloed op Aarde voor. Dit bestaan op baie plekke en vorme: meestal in die oseane en by die pole, maar ook in wolke, reënwater, riviere, mere, damme en ander waterdraende formasies. Water beweeg voortdurend deur 'n siklus wat verdamping, neerslag en afloop na die see insluit.

Water wat geskik is vir menslike gebruik is 'n natuurlike hulpbron wat al skaarser word in sekere wêrelddele waar die bevolking groei en die beskikbaarheid daarvan is 'n belangrike sosio-ekonomiese vraagstuk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search