Swael

Swael
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Hirundinidae, Apodidae

Vigors, 1825
Spesies
Sien artikel
Vir die chemiese element, sien swawel.

In Afrikaans sluit die groep voëls wat bekend staan as swaels 'n aantal voëlsoorte in, onder andere Swallows (Engels), Martins (Engels) en Swifts (Engels). Swaels (familie Hirundinidae) is klein sangvoëls wat feitlik oor die hele wêreld voorkom. Hul voedsel bestaan uit insekte wat in die lug gevang word. Gevolglik is hulle baie goeie vlieërs en omdat hul liggaamsbou by die leefwyse aangepas is, is swaels taamlik hulpeloos op die grond.

Verskeie spesies is sogenaamde kultuurvoëls, wat in menslike omgewing hou. In Suider-Afrika word sowat 20 spesies aangetref, waarvan die Europese swael (Hirundo rustica) een van die bekendstes en algemeenstes is. Hy broei in Europa en oorwinter in Suid-Afrika. Windswaels (familie Apodidae) is nie aan swaels verwant nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search