Ruimtegroep

'n Ruimtegroep is 'n wiskundige groep wat die simmetrie van kristalle beskryf. Dit is veral vir die X-straalkristallografie van uiters groot belang.

Ruimtegroepe kombineer die verskuiwingssimmetrie van 'n kristalrooster in drie dimensies met rotasie-elemente van die 32 puntgroepe wat hiermee verenig kan word. Daar is 230 ruimtegroepe en twee sisteme van notasies om hulle aan te dui.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search