Redoksreaksie

'n Redoksreaksie is 'n chemiese reaksie waarin die oksidasietoestande van stowwe verander.

Dit beteken dat elektrone in 'n redoksreaksie van die een spesie na 'n ander oorgedra word. 'n Voorbeeld is die reaksie van waterstof en suurstof wat water vorm:

Die oksidasietoestand van die elemente is 0, maar in water is die oksidasietoestand van H +1 en van O -2. Dit wil sê dat twee elektrone oorgedra is van die waterstofatome na die suurstofatoom.

Oksidasie- en reduksiereaksies is ʼn belangrike groep reaksies en behels die oordrag van elektrone van een atoom na 'n ander of die verplasing van elektrone, suurstofatome of waterstofatome van een molekule na 'n ander. 'n Voorbeeld van so ʼn reaksie is:

Zn      +     Cu2 + (aq)      →    Zn2+  (aq) + Cu

Sink         koper(II)                sink (III)       koper

Metaal     metaal                   waterig       metaal

In die reaksie word twee elektrone van die sink na die koper oorgedra en ʼn mens sê dat sink geoksideer en koper gereduseer is; die elektronontvanger is met ander woorde gereduseer, terwyl die elektronskenker geoksideer is. Dit is dus nie alleen een atoom wat geoksideer word nie, want terselfdertyd word 'n ander atoom gereduseer. In die voorbeeld is sink die reduseermiddel en koper die oksidant (oksideermiddel). Die reaksies kan ook redoksreaksies genoem word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search