Portaal:Sport

Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens


Welkom by Wikipedia se portaal vir sport. Sport is 'n fisieke (byvoorbeeld rugby) of denkspel (byvoorbeeld skaak) wat in kompetisieverband gespeel kan word. Sport kan ook vir ontspanning beoefen word. Alle sporte het reëls wat nagekom moet word. Die beoefening van sport kan mens aktief en gesond hou, vandaar die slagspreuk: 'n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.


Uitgeligte artikel


Kenteken van die Krieketwêreldbeker 2023.

Die Krieketwêreldbeker 2023 (Engels: 2023 Cricket World Cup; Hindi: २०२३ क्रिकेट विश्व कप) is van 5 Oktober tot 19 November 2023 in Indië beslis. Die oorspronklike datums vir dié toernooi was tussen 9 Februarie tot 26 Maart 2023, maar in Julie 2020 is dit na Oktober en November 2023 herskeduleer, nadat die kwalifisering weens die wêreldwye Covid-19-pandemie vertraag is. Dit was die 13de krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die vierde in Indië. Dié land het voorheen as medegasheer van die toernooie in 1987 (saam met Pakistan), 1996 (saam met Pakistan en Sri Lanka) en 2011 (saam met Bangladesj en Sri Lanka) opgetree; net Engeland het meer toernooie gehuisves. Dit was die eerste toernooi wat geheel en al in Indië aangebied is en net die derde wat deur een gasheerland gehou is; die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 is deur Engeland op sy eie gehuisves.

Die toernooi se formaat van 2019 het onveranderd gebly en tien nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2023 deelgeneem: Die gasheer Indië, die sewe beste spanne van die Superliga 2020–2023 (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika), saam met die twee beste spanne van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 (Nederland en Sri Lanka). Tydens die Krieketwêreldbeker 2023 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 45 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die toernooi het op 5 Oktober met die openingswedstryd tussen die twee finaliste van die 2019-toernooi Engeland en Nieu-Seeland op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad begin. Al die spanne het in een groep 45 wedstryde beslis, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die eindstryd is op 19 November op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad gehou, terwyl die sewe beste spanne saam met die gasheer Pakistan regstreeks vir die Kampioenetrofee 2025 gekwalifiseer het. Engeland was die verdedigende kampioen nadat hulle die vorige Krieketwêreldbeker 2019, teen Nieu-Seeland in die nouste eindstryd nog (’n amptelike gelykop), tuis gewen het.

Australië, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Nieu-Seeland en Australië het Suid-Afrika geklop, voordat Australië die eindstryd op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad teen die gasheer Indië met ses paaltjies gewen en sodoende sy sesde titel ingepalm het. Ná die 2003-toernooi in Suid-Afrika, Zimbabwe en Kenia was dit die tweede ontmoeting tussen dié twee lande in ’n eindstryd wat ook deur Australië gewen is. Die verdedigende kampioen Engeland is reeds in die groepfase uitgeskakel.

...lees verder


Voorbladartikels


Voorbladartikels in Sport

’n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit ’n harde duikslag deur ’n Australiër
’n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit ’n harde duikslag deur ’n Australiër
Nasionale krieketspanne volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:

   Voorbladster

   Amper klaar

   Ander artikels

Krieketveld met bouler, die twee kolwers en ’n skeidsregter
Krieketveld met bouler, die twee kolwers en ’n skeidsregter
Nasionale rugbyspanne volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:

   Voorbladster

   Amper klaar

   Ander artikels

Afghaanse nasionale krieketspan - All Blacks - Fernando Alonso - Argentynse nasionale rugbyspan - Australiese nasionale krieketspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Bermudaanse nasionale krieketspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Roger Federer - Fidjiaanse nasionale rugbyspan - Franse nasionale rugbyspan - Pierre Gasly - Georgiese nasionale rugbyspan - Ierse nasionale krieketspan - Ierse nasionale rugbyspan - Indiese nasionale krieketspan - Italiaanse nasionale rugbyspan - Japannese nasionale rugbyspan - Kanadese nasionale krieketspan - Kanadese nasionale rugbyspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Krieketwêreldbeker 2003 - Krieketwêreldbeker 2007 - Krieketwêreldbeker 2011 - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Krieketwêreldbeker 2023 - Niki Lauda - Namibiese nasionale krieketspan - Namibiese nasionale rugbyspan - Nederlandse nasionale krieketspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Pakistanse nasionale krieketspan - Paralimpiese Somerspele 2008 - Proteas - Roemeense nasionale rugbyspan - Rugby - Rugbywêreldbeker 2003 - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Rugbywêreldbeker 2015 - Rugbywêreldbeker 2019 - Rugbywêreldbeker 2023 - Samoaanse nasionale rugbyspan - Skaak - Skotse nasionale krieketspan - Skotse nasionale rugbyspan - Springbokke - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - Tafeltennis - Tongaanse nasionale rugbyspan - Uruguaanse nasionale rugbyspan - Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale rugbyspan - Wallabies - Walliese nasionale rugbyspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale rugbyspan


Algemeen


Vir elke sportsoort is daar 'n beheerliggaam (op nasionale vlak). Die plaaslike, nasionale en internasionale beheerliggame is verantwoordelik vir al die tegniese vrae en beheer die toernooistelsel. Langs die professionele bestuur is die sportklubs ook streeksgebonde in die plaaslike beheerliggame. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) is die beheerliggaam van alle sportsoorte van Suid-Afrika en koördineer die verhouding met verskeie internasionale sportfederasies.


Aanhalings


Sport has the power to change the world. It has the power to inspire. It has the power to unite people in a way that little else does. It speaks to youth in a language they understand. Sport can create hope, where once there was only despair.
— Nelson Mandela


Uitgeligte span


Kenteken van die Zimbabwiese nasionale rugbyspan.

Die Zimbabwiese nasionale rugbyspan (Engels: Zimbabwe national rugby union team) is die nasionale rugbyspan wat Zimbabwe in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Zimbabwe geadministreer deur die Zimbabwiese Rugbyunie (Zimbabwe Rugby Union, ZRU) wat in 1895 gestig is. Hulle dra die bynaam Sables, genoem na die swartwitpens (Engels: sable antelope). Zimbabwe word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Zimbabwiese rugbyspan is tans (April 2024) 31ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Die span word as een van die sterker Afrikaspanne ná die Suid-Afrikaanse Springbokke en die Namibiese Welwitschias beskou.

Rugby het aan die einde van die 19de eeu onder “wit” setlaars begin versprei, terwyl die inheemse bevolking aanvanklik meestal uitgesluit was. Die Britse kolonie Suid-Rhodesië (en die in 1965 eensydig vir onafhanklik verklaarde Rhodesië) was oor dekades heen in die buurland Suid-Afrika se speelprogram geïntegreerd en het gereeld toerende oorsese nasionale spanne gehuisves. Die onafhanklike en volgens internasionale reg erkende Zimbabwe het in 1981 sy eerste toetswedstryd teen Kenia gespeel. Zimbabwe het al aan twee rugbywêreldbekertoernooie deelgeneem, maar sowel in 1987 as in 1991 al sy wedstryde in die groepfase verloor. As gevolg van dié land se ekonomiese agteruitgang het ook die inheemse rugbysport se vlak afgeneem. Sedert 2000 neem Zimbabwe aan die jaarlikse Afrikabeker deel en kon die 2012-toernooi wen. Twee voormalige Zimbabwiese rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

...lees verder


Uitgeligte sportsoort


Standaard skaakstukke. Van links na regs: koning, toring, dame, pion, ruiter en loper.

Skaak (Persies: šāh, van Schah, d.i. ‚Koning‘ – dus die naam „die koninklike spel“) is 'n strategiese bordspel vir twee spelers. Die huidige vorm van die spel het in suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong. Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel.

Skaak word gespeel op 'n vierkantige bord wat verdeel is in agt rye en agt kolomme, met 64 indiwiduele blokkies wat tradisioneel lig en donker gekleur is. Elke speler het 16 stukke, wat bestaan uit agt pionne, twee torings, twee lopers, twee ruiters, een dame en een koning. Elke stuk skuif op sy eie manier. Die twee kante word onderskei deur kontrasterende kleure. Die doel van die spel is om die koning van die opponent in skaakmat te plaas.

Georganiseerde skaakkompetisies het in die 16de eeu begin en het sedertdien aansienlik ontwikkel. Alhoewel dit nie 'n Olimpiese sport is nie, word skaak wel deur die Internasionale Olimpiese Komitee as 'n sport erken. Die eerste amptelike Wêreldskaakkampioen, Wilhelm Steinitz, het sy titel in 1886 verwerf. Die huidige wêreldkampioen is Magnus Carlsen van Noorweë. Teoretici het sedert die spel se ontstaan uitgebreide skaakstrategieë en taktiek ontwikkel.

Een van die doelstellings van vroeë rekenaarwetenskaplikes was om 'n skaakprogram te ontwikkel. Hedendaagse skaak word sterk beïnvloed deur die vermoëns van skaakprogramme en die vermoë om aanlyn teen ander spelers te speel. In 1997 het Deep Blue die eerste rekenaar geword om 'n heersende skaakkampioen te verslaan in 'n wedstryd waarin dit teen Garri Kasparof gewen het.

Die woord skaak kom van die Persiese woord sjah, wat koning beteken. Ook die woord mat is Persies en beteken hulpeloos.

...lees verder


Sportnuus


Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word


Uitgeligte biografie


Pierre Gasly in Maleisië, 2017

Pierre Gasly (gebore te Rouen, 7 Februarie 1996) is 'n Franse Formule 1-motorrenjaer wat tans vir die Scuderia AlphaTauri-span deelneem. Hy is die GP2-reekskampioen in 2016, en die naaswenner in die 2014 Formule Renault 3.5-reeks en die 2017 Super Formule-kampioenskap.

Hy maak sy Formule 1-debuut in die 2017 Formule Een-seisoen by die Scuderia Toro Rosso tydens die Maleisiese Grand Prix as plaasvervanger vir Daniil Kvyat. Hy het in 2019 na Red Bull Racing verskuif voor hy terug is Torro Rosso toe nadat hy tussen die Hongaarse en Belgiese ronde met Alexander Albon omgeruil is, as spanmaat van Kvyat. Gasly behaal sy eerste Formule Een-oorwinning tydens die Italiaanse Grand Prix in 2020 terwyl hy vir AlphaTauri jaag.

Gasly was gekontrakteer om vir Red Bull Racing vir die 2019-seisoen te jaag, saam met Max Verstappen ná die vertrek van Daniel Ricciardo na Renault.

Gasly is deur AlphaTauri behou vir 2021, met spanmaat die Japannese nuweling Yuki Tsunoda. Hy kwalifiseer vyfde vir die seisoenopener in Bahrein, maar bots met Daniel Ricciardo en val uit die wedren. Hy het toe punte by die volgende ses wedrenne aangeteken, insluitend sy derde loopbaanpodium by die 2021 Azerbeidjanse Grand Prix. By die Italiaanse Grand Prix val Gasly uit in die naelloop-kwalifisering nadat hy met Ricciardo kontak gemaak het en sy voorvlerk onder die wiele vasgedruk het.

Gasly het in 2022 voortgegaan om saam met Tsunoda vir AlphaTauri te jaag.

Gasly het 'n meerjarige kontrak onderteken om in 2023 vir Alpine te jaag, saam met mede-Fransman en voormalige karting-mededinger Esteban Ocon. AlphaTauri het Gasly toegelaat om by Alpine aan te sluit vir die na-seisoen toetse onmiddellik na die 2022 Aboe Dhabi Grand Prix.

...lees verder


Het u geweet...


...dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die Olimpiese Somerspele, Sokker-Wêreldbekertoernooie, Krieketwêreldbekertoernooie, Rugbywêreldbekertoernooie en Formule Een is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.

...dat ’n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as ’n sport in Suid-Afrika.

...dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan ’n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.

...dat die doelhok in sokker 2,44 meter hoog en 7,32 meter wyd is?

...dat daar in toetskrieket sedert 1877 slegs twee gelykopuitslae was en die Australiese nasionale span in albei gespeel het?


Uitgeligte beeld


Juuso Pykälistö van Finland in sy Peugeot 206 WRC tydens die 2003 Sweedse Tydren.


Sport in hierdie jaar


Sport in 2024:


Sport volgens jaar


2000  • 2001  • 2002  • 2003  • 2004
2005  • 2006  • 2007  • 2008  • 2009
2010  • 2011  • 2012  • 2013  • 2014
2015  • 2016  • 2017  • 2018  • 2019
2020  • 2021  • 2022  • 2023  • 2024
2025  • 2026  • 2027  • 2028  • 2029


Verwante portale

Kategorieë

Ontdek...


Armdruk  • Atletiek  • Padwedloop  • Basketbal  • Bofbal  • Boks  • Ysskaats  • Boogskiet  • Driekamp  • Duik  • Fietsry  • Ballet  • Gewigoptel  • Gesinchroniseerde swem  • Gholf  • Gimnastiek  • Handbal  • Hokkie  • Jag  • Judo  • Kanovaart  • Karate  • Kegelbal  • Krieket  • Motorsport  • Muurbal  • Netbal  • Pluimbal  • Roei  • Rolbal  • Rolstoelrugby  • Rugby  • Ruitersport  • Sagtebal  • Seil  • Skaak  • Skerm  • Ski  • Skyfskiet  • Sneeuplankry  • Sokker  • Stoei  • Swem  • Tafeltennis  • Taekwondo  • Tennis  • Vlugbal  • Waterpolo



© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search