Plaattektoniek

Die huidige plate

Plaattektoniek is die teorie wat die geografiese ligging van kontinente, oseane, berge en ander strukture in die aardoppervlak verklaar. Dit dek ook die voorkoms van aardbewings, vulkane, oseaantrôe en mid-oseaanriwwe.

Volgens die teorie is die buitenste laag van die Aarde, die litosfeer (sowat 100 km dik), verdeel in tektoniese plate wat onafhanklik van mekaar oor die aardoppervlak beweeg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search