Oksidasie

Oksidasie is 'n chemiese proses waarin die oksidasiegetal van 'n atoom vergroot word. Dit beteken dat hierdie atoom een of meer elektrone afstaan aan 'n ander atoom of molekule. In elektrochemiese selle kan die elektrone ook aan 'n elektrode afgegee word. Hierdie elektrode word die anode genoem.

'n Voorbeeld van oksidasie is die reaksie van 'n stuk yster wat in 'n oplossing van 'n kopersout gedompel word. Die yster sal as ione in oplossing tree en elke ysteratoom sal twee elektrone afstaan:

Die oksidasiegetal van yster word hierdeur van 0 na 2+ vergroot.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search