Nobelprys vir Chemie

  Nobelprys vir Chemie 

Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Die Sweedse chemikus Alfred Nobel, wat in sy testament voorsiening vir die Nobelprys gemaak het.
Toegeken vir Uitstaande bydraes vir die mensdom in chemie
Borg Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe
Land Vlag van Swede Swede
Datum 10 Desember
Eerste toekenning 10 Desember 1901 (1901-12-10)
Webtuiste nobelprize.org

Die Nobelprys vir Chemie (Sweeds: Nobelpriset i kemi) is ’n jaarlikse prys wat deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van chemie gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir fisika, fisiologie of geneeskunde, letterkunde en vrede.

Hoofgebou van die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe

Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Chemie tradisioneel derde en op 'n Woensdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2023 is die prys aan altesaam 192 individue toegeken.[2] Nog net agt vroue het dit gekry: Marie Curie en Irène Joliot-Curie in 1935, Dorothy Crowfoot Hodgkin in 1964, Ada Yonath in 2009, Frances Arnold in 2018, Emmanuelle Charpentier en Jennifer Doudna in 2020, asook Carolyn R. Bertozzi in 2022.[3]

Twee Nobelprys vir Chemie-wenners, naamlik die Duitsers Richard Kuhn (1938) en Adolf Butenandt (1939), was deur hul regering, die destydse Nazi-Duitsland, nie toegelaat om die prys te aanvaar nie. Hulle sou later, ná die afloop van die Tweede Wêreldoorlog, 'n medalje en diploma ontvang, maar nie die prysgeld nie. Frederick Sanger is een van drie bekroondes wat twee keer die Nobelprys in dieselfde vak toegeken is, in 1958 en in 1980. Karl Barry Sharpless is ook twee keer met die Nobelprys vir Chemie bekroon, in 2001 en 2022. John Bardeen is twee keer met die Nobelprys vir fisika bekroon, in 1956 en in 1972. Twee ander het Nobelpryse twee keer gewen, een in chemie en een in 'n ander vak: Maria Skłodowska-Curie (fisika in 1903 en chemie in 1911) en Linus Pauling (chemie in 1954 en vrede in 1962).[4]

Die 2023-Nobelprys vir Chemie is toegeken aan Moungi Bawendi, Louis Brus en Alexej Ekimof "vir die ontdekking en sintese van kwantumpunte".[5]

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[6] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Chemie vanaf 1901 tot op hede. In 1916–1917, 1919, 1924, 1933 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie.


1900's1910's1920's1930's1940's1950's1960's1970's1980's1990's2000's2010's2020's

  1. (en) "Nomination and selection of Chemistry Laureates". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 4 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 4 Oktober 2023.
  2. (en) "All Nobel Laureates in Chemistry". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 4 Oktober 2023.
  3. (en) "Nobel Prize Awarded Women". Nobelprize.org. Nobel Media 2023. 4 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 4 Oktober 2023.
  4. (en) "Nobel Laureates Facts". Nobelprize.org. 4 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 4 Oktober 2023.
  5. (en) "The Nobel Prize in Chemistry 2023". Nobelprize.org. Besoek op 4 Oktober 2023.
  6. (en) "The Nobel Prize Amounts" (PDF). Nobelprize.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 4 Oktober 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search