Motorvoertuig

'n Hedendaagse gesinsmotor.
'n Outydse Karl Benz "Velo"-model uit 1894.

'n Motorvoertuig is 'n voertuig wat deur sy eie enjin aangedryf word en gebruik word om mense, diere en goedere te vervoer. Soms word die woorde 'motor', 'motorkar' en 'kar' gebruik as kort vir motorvoertuig. Verskillende tipes motorvoertuie sluit in motorkarre (sedans), busse, vragmotors, motorfietse en bakkies.

Motorvoertuie word gewoonlik in 'n motorhuis of onder 'n motorafdak geberg as dit nie gebruik word nie. Brandstof word by 'n vulstasie (met behulp van brandstofpompe) ingegooi. As 'n motorvoertuig breek of versien moet word, word dit na 'n motorhawe geneem waar 'n motorwerktuigkundige daaraan kan werk.

Die binnebrandenjin word hoofsaaklik vir aandrywing gebruik. Alternatiewe aandrywingsmetodes sluit in: Stoomenjins, elektriese motors en hibriede aandrywing.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search