Mol (eenheid)

Die mol (simbool: mol) is die meeteenheid vir 'n hoeveelheid stof in die SI-stelsel. Dit word gedefinieer as presies 6.02214076x1023 deeltjies, wat atome, molekules, ione of elektrone kan wees.[1]

Die definisie is in November 2018 aanvaar as een van die sewe SI-basiseenhede,[1] wat die vorige definisie hersien het wat een mol as die hoeveelheid stof in 12 gram koolstof-12 (12C), 'n isotoop van koolstof, gespesifiseer het.

Die getal 6.02214076x1023 (die Avogadro-getal) is gekies sodat die massa van een mol van 'n chemiese verbinding in gram vir die meeste praktiese doeleindes numeries gelyk is aan die gemiddelde massa van een molekule van die verbinding in daltons. So bevat een mol water byvoorbeeld 6.02214076x1023 molekules waarvan die totale massa ongeveer 18.015 gram is en die gemiddelde massa van een molekule water ongeveer 18.015 dalton.

Die mol word wyd in die chemie gebruik as 'n maklike manier om hoeveelhede reaktante en produkte van chemiese reaksies uit te druk. Die chemiese vergelyking 2H2 + O2 → 2H2O kan byvoorbeeld geïnterpreteer word as dat vir elke 2 mol diwaterstof (H2) en 1 mol disuurstof (O2) wat reageer, 2 mol water (H2O) gevorm word. Die mol kan ook gebruik word om die hoeveelheid atome, ione, elektrone of ander eenhede te meet. Die konsentrasie van 'n oplossing word gewoonlik uitgedruk deur die molariteit daarvan, gedefinieër as die hoeveelheid opgeloste stof in mol per eenheid volume oplossing. Die eenheid wat gewoonlik hiervoor gebruik word is mol per liter (mol/l), gewoonlik afgekort M.

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Rev

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search