Isotope van moskovium

Die chemiese element moskovium (Mc), met ’n atoommassa van ongeveer 288 u, het geen stabiele isotope nie en word dus geklassifiseer as ’n radioaktiewe element. Die vier radionukliede (radioaktiewe isotope) is onstabiel en het ’n relatief kort halfleeftyd (almal minder as ’n sekonde).

In die natuur kom geen moskovium voor nie; alle isotope is sinteties in ’n laboratorium berei. Die eerste sintetiese isotoop was 288Mc, in 2004.

Die kortslewende isotoop van moskovium is 290Mc, met ’n halfleeftyd van ongeveer 16 millisekondes. Die langslewende een is 289Mc, met ’n halfleeftyd van 220 millisekondes.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search