Grootteorde

’n Grootteorde is ’n skaal van enige getal waar elke grootte of waarde van iets in ’n vasgestelde verhouding staan tot die vorige grootte of waarde. Die getal wat die meeste as skaal gebruik word, is 10. Dan is elke volgende waarde 10 keer soveel as die vorige waarde. " ’n Mens sê twee getalle het dieselfde grootteorde van ’n getal as die een getal gedeel deur die ander getal ’n waarde van minder as 10 gee. So is 23 en 82 van dieselfde grootteorde, maar 23 en 820 is nie."[1] – John Baez

  1. "John C. Baez, 11/28/2012". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 6 September 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search