Epog (sterrekunde)

’n Epog in sterrekunde is ’n bepaalde tydperk waarin die lugkoördinate van ’n hemelliggaam met voldoende noukeurigheid as konstant beskou kan word. Hierdie koördinate verander deur die presessiebeweging van die Aarde en, in die geval van planete en ander voorwerpe in ons Sonnestelsel, ook vanweë hul eiebeweging.

Die hemelpool verskuif elke jaar ’n bietjie vanweë die Aarde se presessie, en die lentepunt (die nulpunt van regte klimming) verskuif met 50,29 boogsekondes. Daarom moet die koördinate van "vaste" hemelliggaame voortdurend omgereken word na ’n standaardtyd – die standaard-epog.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search