Endotermies

In termodinamika word die term endotermies gebruik om 'n proses of reaksie in die stelsel te beskryf wat energie van die omgewing absorbeer in die vorm van hitte. Na 'n endotermiese reaksie plaasgevind het is die produk gewoonlik kouer as aan die begin, behalwe as daar van buite hitte bygevoeg is.

Endotermies is die teenoorgestelde van eksotermies. Die woord vind sy oorsprong in die Griekse woorde endon, ("binne") en thermasi, ("verhit").


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search