Elektriese lading

Elektriese lading is 'n fundamentele, behoue eienskap van sommige subatomiese deeltjies wat hul elektromagnetiese interaksies bepaal. Elektronies gelaaide materie word beïnvloed deur- en wek elektromagnetiese velde op. Die interaksie tussen bewegende lading en 'n elektromagnetiese veld veroorsaak die elektromagnetiese krag wat een van die vier fundamentele kragte is.

Elektriese lading is 'n eienskap van sommige subatomiese deeltjies, en word gediskretiseer wanneer uitgedruk word as 'n veelvoud van die sogenaamde elementêre lading e. Elektrone het volgens konvensie 'n lading van -1, terwyl protone die teenoorgestelde lading van +1 het. Kwarke het 'n breukdeel lading van -1/3 of +2/3. Die ekwivalente antideeltjies het teenoorgestelde ladings. Daar is ook ander gelaaide deeltjies.

In die algemeen stoot gelaaide deeltjies met dieselfde-teken lading mekaar af, terwyl deeltjies met teenoorgestelde-teken ladings mekaar aantrek. Hierdie effek word kwantitatief deur Coulomb se wet uitgedruk, wat sê dat die grootte van die afstootkrag is eweredig aan die produk van die twee ladings, en verswak eweredig tot die kwadraat van die afstand tussen die ladings.

Die elektriese lading van 'n makroskopiese voorwerp is die som van die elektriese ladings van die voorwerp se saamgestelde dele. Die netto elektriese lading is gewoonlik nul, aangesien die natuurlike getal elektrone in elke atoom gelyk is aan die getal protone, en die ladings dus uitkanselleer. Die gevalle waar die netto lading nie nul is nie word gereeld na verwys as statiese elektrisiteit. Verder, selfs al is die netto lading nul, kan dit nie-uniform versprei wees (bv. a.g.v. 'n eksterne elektriese veld), en die materiaal is dan gepolariseer, met die lading verwant aan die polarisasie staan bekend as gebinde lading (terwyl die oortollige lading van buite die materiaal bekend staan as vrye lading). 'n Ge-ordende beweging van gelaaide deeltjies in 'n spesifieke rigting (in metale is dit elektrone) staan bekend as elektriese stroom. Die diskrete natuur van elektriese lading was deur Michael Faraday voorgestel in sy elektroliese eksperimente, en direk gedemonstreer deur Robert Millikan in sy oliedruppel eksperiment.

Die SI eenheid vir elektrisiteit kwantiteit of elektriese lading is die coulomb, wat benaderd 6.24 × 1018 elementêre ladings is(die lading is 'n enkele elektron of proton). Die coulomb word gedefinieer as die hoeveelheid lading wat in een sekonde deur die deursnit van 'n elektriese geleier, wat een ampere dra, vloei. Die simbool Q word gereeld gebruik om die hoeveelheid elektrisiteit of lading aan te toon. Die hoeveelheid elektriese lading kan direk gemeet word met 'n elektrometer, of indirek gemeet met 'n ballistiese galvanometer.

In formele terme moet die hoeveelheid lading as 'n veelvoud van die elementêre lading e (lading is diskreet, maar dit is 'n gemiddelde , macroskopiese waarde, vele grotte ordes meer as 'n enkele elementêre lading, kan dit effektiewelik enige reële waarde aanneem. Verder, in sommige gevalle is dit meer betekenisvol om van breukdele van 'n lading te praat; bv. tydens die laai van 'n kapasitor.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search