Drievoudpunt

Diagram van 'n drievoudpunt

'n Drievoudpunt is 'n punt in 'n fasediagram van 'n suiwer stof waar drie fases met mekaar in ewewig is.

Volgens Gibbs se fasereël geld:

As daar net een komponent C is, byvoorbeeld suiwer water (sonder ander stowwe soos lug of opgeloste soute) word dit:

Indien daar net een fase teenwoordig is (P=1), is daar F=2 vryheidsgrade en die versameling punte (p,T) waar dit die geval is, vorm 'n tweedimensionale vlak. As twee fases teenwoordig en met mekaar in ewewig is, is F=3-2=1 en die versameling is 'n eendimensional lyn, soos die lyn wat die ewewigsdampdrukke tussen vloeistof en gas weergee in 'n fasediagram of die smeltpunte tussen vast en vloeibaar as funksie van die druk p.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search