Areologie

Areologie (Grieks: Ares "Mars" en logos "spraak, wetenskap") is die wetenskap van die planeet Mars, sy atmosfeer uitgesluit. Dit is dié subdissipline van die astrogeologie wat Mars as onderwerp kies.

Areologie behels die studie van die struktuur, samestelling, fisiese eienskappe, dinamika, oorsprong en evolusie van Mars sowel as die prosesse wat Mars gevorm het. Die term areologie word nie gereeld gebruik nie omdat dit wetenskaplik en metodologies sinoniem is met die term "Geologie van Mars."[1]

  1. Jaumann, R. (2015). Areology. In: Gargaud, M., et al. Encyclopedia of Astrobiology. Berlin, Heidelberg.: Springer. doi:10.1007/978-3-662-44185-5_103.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search