Aarde se atmosfeer

Die Aarde se atmosfeer, met die volmaan op die agtergrond. Die foto is in 1999 deur ruimtevaarders aan boord van die pendeltuig Discovery geneem

Die Aarde se atmosfeer is die atmosfeer (gaslaag) wat om die Aarde voorkom. Die aantrekkingskrag van die Aarde hou die atmosfeer in posisie sodat dit saam met die Aarde om sy eie as en om die son roteer. Lewe op aarde sou sonder die atmosfeer nie moontlik wees nie; dit verskaf die lug wat ons asem, die water wat ons drink en vorm daarnaas 'n natuurlike beskerming teen gevaarlike sonstrale en selfs meteoriete.[1]

  1. John Farndon: Kompaktwissen Geografie. Starnberg: Coventgarden bei Dorling Kindersley 2003, bl. 138

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search