Aanduider

Kleure van die universele aanduider

'n Aanduider, aanwyser of índikator is 'n stof of 'n toestel wat as hulpmiddel gebruik word om die voortgang van 'n chemiese reaksie dop te hou.

Sommige aanduiders is uit die daaglikse lewe reeds bekend. Voorbeelde is rooikool, swart tee en sommige aartappel-kultivars wat pers of blou is. Hulle kleur verander as 'n mens iets suurs soos suurlemoensap of iets basies soos bakpoeier byvoeg. Rooikool word helder rooi met iets suurs, maar blouerig met iets basies; pers aartappels doen dieselfde. Swart tee verkleur van bruinerig tot ligrooi met lemoensap. Kurkuma is geel, maar op 'n eier wat gebak word, kleur dit rooi.

Hierdie is voorbeelde van pH-aanduiders, maar daar is ook stowwe wat baie ander reaksies verraai. Aanduiders is voorbeelde van chromogeniese reagense. Hulle sluit die verskillende soorte chemikalieë in wat gebruik word as pH-aanduiders (vir beide waterige en nie-waterige stelsels), redoks-aanduiders, metaal-aanduiders. Dit is gewoonlik veranderinge in kleur gee, maar ook in fluoressensie of luminesensie, en reagense wat gebruik word vir visuele en/of absorptiometriese kolorimetrie.[1]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Newm

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search