Wringkrag

Wringkrag aangewend deur 'n verstelbare moersleutel
Verwantskap tussen krag, wringkrag en draaimomentum vektore in 'n roterende stelsel

In fisika, kan wringkrag informeel gedefinieer word as 'n krag wat 'n draaiende beweging tot gevolg het. Hierdie krag word gedefinieer as die lineêre krag vermenigvuldig met 'n radius. Die SI-eenheid vir wringkrag is die newton-meter (N m). Die simbool vir wringkrag is τ. Die begrip wringkrag word ook moment in fisika genoem en vind sy oorsprong in Archimedes se werk op hefbome.

Soortgelyk aan die lineêre begrippe van krag, massa en versnelling kry 'n mens die ooreenstemmende begrippe vir draaiende stelsels naamlik wringkrag, draaimomentum en hoekversnelling respektiewelik. Die krag wat op 'n hefboom aangewend word vermenigvuldig met die afstand vanaf die hefboom se eindpunt staan bekend as die wringkrag. As 'n krag van drie newton aangewend word op 'n afstand van twee meter vanaf 'n hefboom se middelpunt word dieselfde wringkrag aangewend as wanneer 'n krag van een newton ses meter vanaf 'n hefboom se middelpunt aangewend word.

Die aanname hier is dat die krag loodreg op die hefboom aangewend word. Wiskundig kan die wringkrag op 'n partikel (wat die posisie r in die een of ander verwysingsraamwerk het) gedefinieer word as die kruisproduk:

waar

r die partikel se posisievektor is
F die krag wat op die partikel uitgeoefen word is,

of, meer algemeen kan wringkrag gedefinieer word as die tempo waarteen die hoeksnelheid verander,

waar

L die hoekmomentumvektor is
t staan vir tyd.

Die gevolg van beide hierdie definisies is dat wringkrag 'n vektor is, wat in die rigting van die as van die draaibeweging wat dit sal veroorsaak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search