Winkelsentrum

The Mall in Bristol, Verenigde Koninkryk
MBK Center, 'n winkelsentrum in Bangkok, Thailand
Torri Bianche in Vimercate, Italië
Die Utrechtse winkelsentrum, Kanaleneiland

'n Winkelsentrum of winkelkompleks is 'n gebou of 'n reeks geboue waarin verskeie winkels gekonsentreer is. Mense besoek winkelsentrums om aankope te doen, of net uit nuuskierigheid rond te drentel. Omdat so 'n winkelsentrum 'n verskeidenheid van winkels bevat, is dit gerieflik vir klante omdat hulle meestal alles wat hulle benodig op 'n enkele plek kan aanskaf.

Winkelsentrums kan uit slegs 'n paar klein winkeltjies bestaan, of massief groot wees. Winkels word deur gange met mekaar verbind sodat besoekers maklik van een winkel na 'n volgende kan beweeg. Vertoonvensters stal produkte uit om klante in te lok. Winkelsentrums beskik ook meestal oor 'n parkeerruimte vir die besoekers se motors.

Om klante te lok, adverteer baie winkelsentrums namens die winkels wat dit bevat. Om klante langer te laat vertoef, word daar soms rustige musiek gespeel, uitstallings gehou en ander vermaak gereël. Baie winkelsentrums beskik ook oor eetplekke en selfs rolprentteaters. Tydens die feesgety word winkelsentrums dikwels met skouspelagtige versierings opgemaak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search