Veringstelsel

Die voorste komponente van 'n Ford Model T se veringstelsel.

'n Veringstelsel is die naam van die stelsel in 'n motorvoertuig wat bestaan uit die skokbrekers en koppelstange wat die voertuig se onderstel met die wiele verbind. Veringstelsels dien 'n tweeledige doel: Hulle verseker dat die motor se wiele tydens 'n rit in kontak met die grond bly sodat daar voldoende wrywing tussen die wiele en padoppervlak is om die enjin se energie te kan oordra om die motor vorentoe te dryf, en hulle verseker dat die passasiers gemaklik is deur hulle van die padgeraas, hobbels en vibrasies te isoleer. Hierdie twee doelwitte staan dikwels in teenstelling met mekaar en daarom moet 'n moderne veringstelsel verstel word om die geskikte middeweg te vind. Die ontwerp van die voorste en agterste veringstelsel van 'n motor verskil gewoonlik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search