Skynprivaatnetwerk

'n Skynprivaatnetwerk (SPN) (Engels: virtual private network̠-VPN) is 'n private kommunikasienetwerk wat dikwels deur maatskappye of organisasies benut word om vertroulik oor 'n openbare toeganklike netwerk te kommunikeer. Die boodskapverkeer van 'n SPN kan oor die openbare netwerkinfrastruktuur gedra word (bv. die Internet bo-oor standaard protokolle, of 'n diensverskaffer se privaatnetwerk met 'n bepaalde Dienspeil-ooreenkoms (DPO) tussen die SPN-kliënt en die SPN-diensverskaffer). Versleuteling is 'n algemene, hoewel nie 'n inherente deel van 'n SPN-verbinding nie.[1]

  1. Mason, Andrew G. (2002). Cisco Secure Virtual Private Network. Cisco Press. p. 7.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search