Seattle

Seattle

Kaart Wapen
Vlag
 Land Verenigde State
 Deelstaat Washington
 Administratiewe distrik (county) King County
 Koördinate 47°36′N 122°19′W / 47.600°N 122.317°W / 47.600; -122.317Koördinate: 47°36′N 122°19′W / 47.600°N 122.317°W / 47.600; -122.317
 Gestig op 14 Januarie 1865
 Geïnkorporeer op 2 September 1869
 Oppervlak:  
 - Totaal 369,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 0-158 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 753 675
 - Bevolkingsdigtheid 2 017,7/vk km
 - Metropolitaanse gebied 3 407 848
 Tydsone PST (UTC -8)
 - Somertyd PDT (UTC -7)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 10,6 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 3,4 / 18,1 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 984 mm
 Burgemeester Jenny Durkan (D)
 Amptelike webwerf www.seattle.gov

Seattle is die 23ste grootste stad in die Verenigde State van Amerika en die grootste stad in die deelstaat Washington met 'n bevolking van meer as 700 000 (sy inwoners word in Engels Seattleites genoem), geleë aan die Puget Sound-seestraat in die Pasifiese Noordweste. Die stad word omring deur water, bergpieke en immergroen bosse. Parke en ander groen ruimtes in die stadsgebied beslaan 'n oppervlakte van duisende hektaar.

'n Lugfoto van Lake Union, 'n varswatermeer in die stadsgebied wat deel uitmaak van die Lake Washington Ship Canal

Baie groot ondernemings uit die tegnologiebedryf het hulle hoofkwartiere in Seattle en sy metropolitaanse gebied, waaronder Microsoft en Amazon. Die futuristiese Space Needle ("Ruimtenaald"), 'n uitsig- en restauranttoring met 'n hoogte van 184 meter wat ter geleentheid van die wêreldtentoonstelling van 1962, die Century 21 Exposition, opgerig is, is die bekendste baken van Seattle met jaarliks een miljoen besoekers. Die toring is in 2018 gerenoveer.[1]

  1. spaceneedle.com: About the Renovation. Besoek op 7 Mei 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search