Satellietbus

Kommunikasiesatelliet en loonvragmodule

'n Satellietbus (ook ruimtetuigbus) is die hoofraam en strukturele gedeelte van 'n satelliet of ruimtetuig waarin die loonvrag en al die wetenskaplike instrumente geberg word.

Busontplooide satelliete verskil van spesifiek- ontwerpte satelliete. Eersgenoemde word aangepas vir die kliënt se behoeftes bv. spesiale sensors of kommunikasietransponders om te verseker dat die sending suksesvol voltooi word.[1][2][3][4]

Satellietbusse word gewoonlik gebruik vir geosinchrone satelliete, veral telekommunikasiesatelliete. Hulle word ook gebruik vir ruimtetuie wat laer wentelbane gebruik, soms ook vir lae aardwentelbaansendings.


  1. "TU Delft: Spacecraft bus subsystems". Lr.tudelft.nl. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 23 April 2014.
  2. "Spacecraft Systems". Braeunig.us. Besoek op 23 April 2014.
  3. "The James Webb Space Telescope". Jwst.nasa.gov. Besoek op 23 April 2014.
  4. "Antrix Corporation Ltd - Satellites > Spacecraft Systems & Sub Systems". Antrix.gov.in. 24 September 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2014. Besoek op 23 April 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search