Salpetersuur

Eienskappe

Algemeen

Naam Salpetersuur
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule HNO3
Molêre massa 63,01 g/mol
CAS-nommer 7697-37-2  
Voorkoms kleurlose vloeistof tot ligtegeel[1]  
Reukdrempel 0,29 dpm
Fasegedrag
Smeltpunt -46,6 °C
Kookpunt 121 °C
Digtheid 1,408 (water=1)
Oplosbaarheid opl. in water

Suur-basis eienskappe

pKa -1,3

Veiligheid

Flitspunt geen 
LC50 244 dpm (rot; 0,5 uur)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie
Bal-en-stokkie model
Rooi = suurstof
Blou = stikstof
Wit = waterstof
BYTEND - GEVAARLIK

Salpetersuur (Engels: Nitric acid of salpetre acid) is 'n baie sterk minerale bytsuur met die molekulêre formule HNO3. Die suiwer verbinding is 'n kleurlose, viskeuse vloeistof, maar ouer monsters is geneig om 'n gelerige skynsel te vertoon as gevolg van die terugval na oksiedes van stikstof en water.

Die meeste kommersieel beskikbare salpetersuur het 'n konsentrasie van 68%. Indien die oplossing meer as 86% HNO3 bevat, word daarna verwys as rokende salpetersuur. Afhangende van die hoeveelheid stikstofdioksied teenwoordig, word die rokende salpetersuur verder geëin as wit rokende salpetersuur, of rooi rokende salpetersuur, teen konsentrasies bo 95%.

  1. SciLab Msds.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search