Prostaatkanker

Prostaatkanker
Klassifikasie en eksterne bronne
Die mees algemene soort prostaatkanker.
Die mees algemene soort prostaatkanker.
ICD-10 C61
ICD-9 185
OMIM 176807
DiseasesDB 10780
MedlinePlus   000380
eMedicine radio/574
MeSH D011471
Mediese waarskuwing

Prostaatkanker is 'n kanker van 'n man se prostaatklier en is die kanker (uitsluitende longkanker) wat die algemeenste in mans voorkom. Die klier is begrawe onder die blaas en tussen die rektum, die sluitspier, 'n paar slagare en bondels senuwees. In 'n jong man is dit omtrent so groot soos 'n okkerneut en dit omring 'n deel van die urinekanaal.

Die kwaadaardige selle waaruit die kanker bestaan, groei baie stadig. Oor die algemeen kan mens sê as die kanker vroeg ontdek word, is dit geneesbaar. Dit groei egter stil-stil sonder om onmiddellik duidelike simptome te vertoon. Die kanker kan ook deur die limvaatstelsel of deur bloed na ander dele van die liggaam versprei.

Prostaatkanker tas meesal mans ouer as vyftig jaar aan, maar in baie gevalle sal ander mediese probleme meer lewensgevaarlik wees as die prostaatkanker omdat dit so stadig ontwikkel. Behandeling neig dus om meer aggressief te wees wanneer dit in 'n jonger man ontdek word as in 'n ouer man.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search