Pluto

Hierdie artikel handel oor die dwergplaneet Pluto. Vir ander betekenisse van die naam, sien Pluto (dubbelsinnig).
Pluto   ♇ (⯓)

Pluto in byna ware kleur, soos waargeneem deur die New Horizons-ruimtetuig op 'n afstand van 450 000 km.
Ontdekking
Ontdek deur Clyde W. Tombaugh
Datum 18 Februarie 1930
Kleinplaneet-benaming134340 Pluto
Kleinplaneet-kategorie Dwergplaneet
Trans-Neptunus-voorwerp
Kuiper-gordelvoorwerp
Etimologie Pluto
Wentelbaaneienskappe
Epog J2000
Afelium 7 311 000 000 km
48,871 AE
Perihelium 4 437 000 000 km
29,657 AE[1]
Halwe lengteas 5 874 000 000 km
39,264 AE
Wentelperiode 90 613,305 dae
248,09 jaar
Sinodiese periode 366,73 dae
Gem. omwentelingspoed 4,666 km/s
Baanhelling 17,141 75°
11,88° (tot die Son se ewenaar)
Lengteligging van stygende nodus 110,303 47°
Periheliumhoek 113,763 29°
Natuurlike satelliete 5
Fisiese eienskappe
Gem. radius 1 185 ± 10 km
(0,18 R)
1 161 km[2] (solied)
Oppervlakte 1,7657 km2
(0,035 Aardes)
Volume 6,979 km3
0,0064  Aardes)
Massa (1,305 ± 0,007)22 kg
(0,0021M)
(0,178 mane)
Gem. digtheid 1,87 g/cm3[3]
Ontsnapping-
snelheid
1,212 km/s
Sideriese
rotasieperiode
−6,387 230 dae
6 d 9 h 17 m 36 s
Rotasiespoed
by ewenaar
47,18 km/h
Ashelling 119,591 ± 0,014° (tot wentelbaan)
Regte styging van noordpool 312,993°
Deklinasie 6,163°
0,49–0,66 (geometries, varieer by 35%)[4][5]
Oppervlak-temp.
   Kelvin
mingem.maks
33 K44 K55 K
Skynmagnitude 13,65[5] tot 16,3[6]
(hoof is 15,1)[5]
Absolute magnitude −0,7[7]
Hoekgrootte 0,065" tot 0,115"[5]
Atmosfeer
Oppervlakdruk 0,30 Pa (somer-maksimum)
Samestelling stikstof, metaan, koolstofmonoksied[8]
Vergelyking in grootte met die Aarde.
Pluto en sy mane: Charon, die tweede helderste voorwerp, met Nix regs bo en Hidra regs onder (15 Februarie 2006, Hubble-ruimteteleskoop).
Een omwenteling van Charon om Pluto. Albei voorwerpe draai om die stelsel se massamiddelpunt.
Pluto se grootste maan, Charon, soos op 13 Julie 2015 afgeneem deur New Horizons.

Pluto, ook bekend as 134340 Pluto, is die grootste bekende dwergplaneet in die Sonnestelsel en die een met die tweede grootste massa (naas Eris). Dit is die negende grootste liggaam wat direk om die Son wentel.

Van die oomblik van sy ontdekking in 1930 tot in 2006 is Pluto as die Sonnestelsel se negende planeet beskou. In die laat 20ste en vroeë 21ste eeu is baie voorwerpe soortgelyk aan Pluto in die buitenste dele van die Sonnestelsel ontdek, waaronder die verstrooideskyfvoorwerp Eris. Op 24 Augustus 2006 het die Internasionale Sterrekundevereniging (IAU) die term "planeet" vir die eerste keer gedefinieer. Hierdie definisie het Pluto van sy titel as planeet ontneem en dit is in 'n nuwe kategorie, dwergplanete, geklassifiseer saam met Ceres, Haumea, Makemake en Eris.[9] Ná die herklassifisering is Pluto ook op die lys kleinplanete gevoeg en is die nommer 134340 aan hom toegewys.[10][11] Sommige sterrekundiges meen Pluto, asook van die ander dwergplanete, behoort as planete beskou te word.[12][13]

Pluto kom in die Kuipergordel voor en soos ander lede van die gordel, bestaan dit hoofsaaklik uit rots en ys en is dit relatief klein: sy massa is ongeveer 'n vyfde van die Aarde se maan s'n en sy volume 'n derde. Sy deursnee is 2 370 km.[14] Pluto is kleiner as sewe mane in die Sonnestelsel en het 'n eksentrieke wentelbaan met 'n hoë inklinasie wat wissel van 29 tot 49 AE (4,3–7,3 miljard km) van die Son af. Dit is soms nader aan die son as die planeet Neptunus.

Op 14 Julie 2015 was die ruimtetuig New Horizons die eerste tuig wat by Pluto verbygevlieg het.[15][16][17][18] Dit het vir Nasa mates en foto's van Pluto en sy mane geneem.[19][20] Daar is onder meer vasgestel Pluto is 50 km groter as wat aanvanklik bereken is, en dus groter as Eris.

Pluto en sy grootste natuurlike satelliet, Charon, word dikwels as 'n dubbelstelsel beskou omdat die twee liggame om hul massamiddelpunt wentel en nie om mekaar nie.[21] Die IAU het egter nog nie 'n formele definisie vir tweeledige dwergplanete nie en tot dan bly Charon 'n maan van die dwergplaneet Pluto.[22] Pluto het ook vier kleiner mane, onder meer Nix en Hidra, wat in 2005 ontdek is.[23] Op 28 Junie 2011 het die Hubble-ruimteteleskoop Kerberos ontdek[24] en op 11 Julie 2012 die laaste maan, Styx.[25]

  1. "Horizon Online Ephemeris System for Pluto Barycenter". JPL Horizons On-Line Ephemeris System @ Solar System Dynamics Group. Besoek op 16 Januarie 2011.
  2. Young, Eliot F.; Young, L. A.; Buie, M.; Young; Buie (2007). "Pluto's Radius". American Astronomical Society, DPS meeting No. 39, #62.05; Bulletin of the American Astronomical Society. 39: 541. Bibcode:2007DPS....39.6205Y.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Pluto – Universe Today
  4. Calvin J. Hamilton (12 Februarie 2006). "Dwarf Planet Pluto" (in Engels). Views of the Solar System. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2001. Besoek op 10 Januarie 2007.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 D. R. Williams (7 September 2006). "Pluto Fact Sheet" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 24 Maart 2007.
  6. "AstDys (134340) Pluto Ephemerides". Departement Wiskunde, Universiteit van Pisa, Italië. Besoek op 27 Junie 2010.
  7. "JPL Small-Body Database Browser: 134340 Pluto" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 12 Junie 2008.
  8. "Pluto has carbon monoxide in its atmosphere". Physorg.com. 19 April 2011. Besoek op 22 November 2011.
  9. A. Akwagyiram (2005). "Farewell Pluto?" (in Engels). BBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2017. Besoek op 5 Maart 2006.
  10. T. B. Spahr (2006). "MPEC 2006-R19 : EDITORIAL NOTICE" (in Engels). Minor Planet Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2008. Besoek op 7 September 2006.
  11. D. Shiga (2006). "Pluto added to official "minor planet" list" (in Engels). NewScientist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2009. Besoek op 8 September 2006.
  12. Gorwyn, Adam; Alan Stern: ‘A Chihuahua is still a dog, and Pluto is still a planet’, EarthSky-onderhoud, 18 Februarie 2010
  13. "Should Large Moons Be Called 'Satellite Planets'?" (in Engels). News.discovery.com. 14 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2012. Besoek op 4 November 2011.
  14. "How Big Is Pluto? New Horizons Settles Decades-Long Debate". www.nasa.gov. 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2020. Besoek op 14 Julie 2015.
  15. Dunn, Marcia (14 Julie 2015). "Pluto close-up: Spacecraft makes flyby of icy, mystery world". AP News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 14 Julie 2015.
  16. Chang, Kenneth (13 Julie 2015). "A Close-Up for Pluto After Spacecraft's 3-Billion-MileTrip". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2020. Besoek op 13 Julie 2015.
  17. Overbye, Dennis (6 Julie 2015). "Reaching Pluto, and the End of an Era of Planetary Exploration". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 7 Julie 2015.
  18. Chang, Kenneth (18 Julie 2015). "The Long, Strange Trip to Pluto, and How NASA Nearly Missed It". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 19 Julie 2015.
  19. "About New Horizons". nasa.gov (in Shona). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 3 Mei 2014.
  20. Chang, Kenneth (6 Julie 2015). "Almost Time for Pluto's Close-Up". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 6 Julie 2015.
  21. Olkin, C.B.; Wasserman, L.H.; Franz, O.G. (2003). "The mass ratio of Charon to Pluto from Hubble Space Telescope astrometry with the fine guidance sensors" (PDF). Icarus. pp. 254–259. doi:10.1016/S0019-1035(03)00136-2. Besoek op 13 Maart 2007. {{cite web}}: More than one of |work= en |journal= specified (hulp)
  22. O. Gingerich (2006). "The Path to Defining Planets" (PDF). Harvard-Smithsonian Center for Astrophysics and IAU EC Planet Definition Committee chair. Besoek op 13 Maart 2007.
  23. Sicardy, B.; Beisker, W. (2006). "Observing Two Pluto Stellar Approaches In 2006: Results On Pluto's Atmosphere And Detection Of Hydra" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2017. Besoek op 13 Maart 2007.
  24. "NASA's Hubble Discovers Another Moon Around Pluto" (in Engels). NASA. 20 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 12 Julie 2012.
  25. "Hubble Discovers a Fifth Moon Orbiting Pluto" (in Engels). NASA. 11 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2020. Besoek op 12 Julie 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search