Planetesimaal

’n Protoplanetêre skyf kan baie planetesimale bevat wat vanweë botsings al hoe groter word. Van hulle kan eindelik planete vorm.

Planetesimale is soliede voorwerpe wat vermoedelik in sterre se protoplanetêre skyf voorkom. Volgens algemeen aanvaarde teorieë van planeetvorming ontstaan planete uit die ruimtestof wat bots en aan mekaar vasklou om al hoe groter liggame te vorm.

Wanneer dié liggame groottes van sowat 1 km bereik, kan hulle mekaar direk aantrek deur hul gesamentlike swaartekrag, en so groei hulle verder tot protoplanete so groot soos mane, en later planete.

Alternatiewelik kan planetesimale vorm in baie digte stoflae wat ’n gesamentlike swaartekrag-onewewig in die middel van protoplanetêre skywe ondervind. Baie planetesimale breek tydens gewelddadige botsings, maar ’n paar van die groteres kan oorbly en aanhou groei tot protoplanete.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search