Oganesson

118 tennessienoganessonununennium
Rn

Og

(Uho)
Algemeen
Naam, simbool, getal oganesson, Og, 118
Chemiese reeks edelgasse
Groep, periode, blok 18, 7, p
Voorkoms onbekend, waarskynlik kleurloos
Atoommassa voorspel, (314) g/mol
Elektronkonfigurasie moontlik [Rn] 5f14 6d10 7s2 7p6
(geraai op grond van radon)
Elektrone per skil 2, 8, 18, 32, 32, 18, 8
Toestand vermoedelik 'n gas
CAS-registernommer 54144-19-3
Portaal Chemie

Oganesson (met die elementsimbool Og) is die naam vir die superswaarelement met die atoomgetal 118, tans die hoogste atoomgetal toegeken aan 'n element (kyk elemente wat in die 21ste eeu ontdek is). Dit het die tydelike IUPAC-naam "ununoctium" en elementsimbool "Uuo" gehad totdat dit op 28 November 2016 sy nuwe naam gekry het.[1][2] Dit is genoem na die fisikus Yuri Oganessian, wat 'n belangrike rol gespeel het in die ontdekking van die swaarste elemente op die periodieke tabel.

Oganesson deel waarskynlik eienskappe met ander elemente in sy groep, die edelgasse, en kom waarskynlik ooreen met radon in terme van chemiese eienskappe. Sommige navorsers verwys daarom daarna as eka-radon. Dit is waarskynlik die tweede radioaktiewe gasagtige element en die eerste standaard halfgeleidende gas.

As kernonstabilitiet vanweë radioaktiwiteit weggelaat word, verwag wetenskaplikes oganesson is chemies baie meer reaktief as xenon of radon. Dit sou waarskynlik stabiele oksiede (OgO3, etc.) sowel as chloriede en fluoriede vorm.

  1. Staff (30 November 2016). "IUPAC Announces the Names of the Elements 113, 115, 117, and 118". IUPAC. Besoek op 1 Desember 2016.
  2. St. Fleur, Nicholas (1 Desember 2016). "Four New Names Officially Added to the Periodic Table of Elements". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 1 Desember 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search