Oerknal

Uitbreiding van die heelal.

Oerknal is die benaming van die algemeen aanvaarde kosmologiese teorie wat gebaseer is op die algemene relatiwiteitsteorie en wat beskryf hoe die heelal 13,8 miljard jaar gelede ontstaan het uit ’n superdigte, dimensielose en ontsettend warm (sowat 1028 K) singulariteit. Volgens die teorie sou ruimte en tyd ook saam met die oerknal ontstaan het. Die teorie is onder meer gebaseer op die waarneming van die voortdurende uitdying van die heelal, veral die rooiverskuiwing van spektraallyne en van die lig van verre sterrestelsels, genoem die Doppler-effek. Die ontdekking van die agtergrondstraling, wat oral in die ruimte teenwoordig is, ondersteun ook die teorie.

Die term Big Bang is die eerste keer in 1950 deur Fred Hoyle gebruik as ’n sarkastiese aanduiding om sy afkeer van die teorie uit te druk. Hoyle was ’n voorstander van die bestendige-toestand-teorie.

Die Afrikaanse naam oerknal is waarskynlik uit Nederlands oorgeneem; die begrip is gemunt deur die Nederlandse sterrekundige, Kees de Jager.[1][2][3][4]

  1. AD.nl. Sterrenkundige Kees de Jager, bedenker van ‘oerknal’, overleden. 28 mei 2021.
  2. Nos: Sterrenkundige en bedenker woord 'oerknal' Kees de Jager overleden 28 mei 2021
  3. Het Parool: Kees de Jager (1921-2021) doorgrondde de geheimen van de zon en de zwaarste sterren in het heelal. 29 mei 2021.
  4. etymologiebank.nl s.v. "oerknal"

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search